fbpx

Saai skep databank om vuurwapeneienaars in amnestieperiode by te staan

Saai verwelkom die amnestie vir vuurwapeneienaars, veral diegene wie se hernuwingsaansoeke in dikwels chaotiese toestande in SAPD-stasies vertraag is of weggeraak het. Die Sentrale Vuurwapenregister (SVR) kan tans nie die normale vloei van hernuwingsaansoeke hanteer nie, en Bheki Cele, minister van Polisie, het dit onlangs erken. Die reuse-agterstande is deels hieraan toe te skryf. Daar […]

Saai pak skuldeisers om familieboere op hul plase te hou

’n Dramatiese toename in selfdood onder boere – wie se lewens weens die ergste droogte in dekades deur ’n hoë skuldlas, ongenaakbare banke en ander finansiële diensverskaffers, en uitbuiterprokureurs ondraaglik gemaak word – het die landbougemeenskap diep bekommerd. In die rampspoedige droogte is daar min kopers op veilings, en ná ’n leeftyd se werk en […]

Familieboere: Stigters en bewaarders van die beskawing

Deur Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai “Let us not forget that the cultivation of the earth is the most important labor of man. When tillage begins, other arts will follow. The farmers, therefore, are the founders of civilization.”– Daniel Webster (Amerikaanse staatsman, 1782 – 1852). Na byna twee eeue geld hierdie gesegde vandag nog. […]

Bek-en-klouseer: Saai gaan toep met naspeurbaarheidsfunksie toerus

 Die landbounetwerk vir familieboere, Saai, het vandag aangekondig dat hy sy veediefstaltoep, STIC, eersdaags sal uitbrei om naspeurbaarheid van vee se bewegings te prioritiseer. Dít kom na aanleiding van die departement van landbou, bosbou en visserye se aankondiging dat bek-en-klouseer in die Molemole-omgewing van Limpopo uitgebreek het. Weens die uitbreek van dié siekte het die […]

Saai wil resolusie ter beskerming van familieboere aan VN voorlê

Saai het vandag aangekondig dat dié landboubelangenetwerk ’n familieboerresolusie gaan opstel om in 2020 voor die Verenigde Nasies (VN) ter tafel te lê. Dít vorm deel van ’n groter veldtog om misdade teen familieboere deurlopend op die internasionale agenda te plaas. Saai het in Mei vanjaar die bekendstelling van die VN se dekade vir familieboere […]