fbpx

Dien jou kommentaar in voor 2 Maart 2020!

Op 3 Januarie 2020 – terwyl die voorgestelde wysigings aan Artikel 25 van die Grondwet steeds oop is vir openbare kommentaar – het die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling ’n konsep- nasionale beleid vir die keuring van bevoordeeldes en grondtoekenning vir kommentaar gepubliseer. Dié beleid poog om te bepaal wie as bevoordeeldes vir […]

Doeltreffende besteding is belangriker as groter inkomste

Na aanleiding van gister se begrotingsrede is Saai skepties oor die klein begroting om grondeise te finaliseer. Tito Mboweni, minister van finansies, het gister genoem dat R500 miljoen vir die finalisering hiervan begroot is. Volgens Theo de Jager, Saai se direksievoorsitter, is daar baie meer plase onder onafgehandelde grondeise in die Staatskoerant gelys as wat daar […]

Saai en AfriForum: SA het ’n plaasaanvalepidemie; boere egter meer weerbaar

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboerorganisasie Saai het vandag tydens ’n mediakonferensie AfriForum se 2019-statistieke oor plaasaanvalle en ‑moorde bekendgestel en bespreek. Vanuit die data wat AfriForum oor dié kwessie ingesamel het, blyk dit dat plaasaanvalle verlede jaar met meer as 100 gevalle toegeneem het, maar die hoeveelheid plaasmoorde het ’n aansienlike laer toename gehad […]

Saai dien klagtes in ná buitensporige staatspensioenfondstransaksie

Saai – ’n organisasie wat die belange van familieboere beskerm – het vandag namens een van hul lede klagtes by die Brooklyn-polisiestasie ingedien nadat die pensioenfonds vir staatsamptenare (GEPF) R586,5 miljoen betaal het vir ’n 60%-aandeel in ’n stuk landbougrond van 1 028 ha. Die lid van Saai, Jaco Engelbrecht, is ’n deeltydse boer en onderwyser van Koffiefontein […]