fbpx

Dien jou kommentaar in voor 2 Maart 2020!

Op 3 Januarie 2020 – terwyl die voorgestelde wysigings aan Artikel 25 van die Grondwet steeds oop is vir openbare kommentaar – het die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling ’n konsep- nasionale beleid vir die keuring van bevoordeeldes en grondtoekenning vir kommentaar gepubliseer.

Dié beleid poog om te bepaal wie as bevoordeeldes vir grondverdeling kwalifiseer. Dit is interessant dat die beleid spesifiek voorsiening maak vir moontlike grondverdeling aan eggenote van staatsamptenare, munisipaliteite en eiendomsontwikkelaars. Grond wat toegeken sal word, sluit in grond wat deur banke teruggeneem is, asook grond wat in die oop mark bekom is. Die beleid swyg egter oor watter vergoeding (indien enige) betaal sal word vir grond wat in die oop mark bekom is.

Grondtoewysing sal deur ’n sogenaamde Nasionale en Provinsiale Grondtoekenning-en-Keuringspaneel behartig word. Dispute oor grondtoekenning sal nie aan onafhanklike beslegting onderworpe wees nie, maar beslegting deur die direkteur-generaal en die minister.

Die beleid blyk die grondverdelingsdebat vooruit te loop wat tans in Suid-Afrika woed, omdat dit op die aanvaarding gebaseer te wees dat die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet ’n uitgemaakte saak is.

Saai het reeds kommentaar op die beleid ingedien en versoek dat jy jou opposisie tot die beleid indien deur kommentaar te lewer by die kontakvorm hieronder.

Sien die voorgestelde beleid hier: National Policy for Beneficiary Selection and Land Allocation

Let asb. dat jou kommentaar direk aan die DG van Landelike ontwikkeling en grondhervorming, mnr Barry Levinrad gestuur sal word:

Oops! We could not locate your form.