fbpx

Eiendomsbelasting

Alhoewel die klassifikasie van hul eiendomme op hul eiendomsbelastingrekeninge korrek is, het Saai by lede wat op landgoedere en plase in die ou Kungwini, Nokeng tsa Taemane en Metsweding munisipale gebiede woon, verneem dat die huidige tarief op hul rekeninge verkeerdelik toegeken word. Die gevolg hiervan is dat eienaars in sommige gevalle eksponensieel meer eiendomsbelasting betaal as wat regtens verhaalbaar is.

Indien jy in die onderstaande gebiede woon en vermoed dat jou eiendomsbelastingtarief verkeerd bereken word, voltooi asseblief die onderstaande vorm en heg bladsy twee van jou rekeningstaat aan.

Saai sal alle voorleggings evalueer en benadeelde eienaars vir verdere stappe kontak.

Gebiede wat moontlik geraak word, is:

  • Bronkhorstspruit;
  • Tierpoort;
  • Donkerhoek;
  • Silver Lakes-gholflandgoed;
  • Lombardy-landgoed;
  • Rust de Winter;
  • Temba;
  • Hammanskraal;
  • Winterveld;
  • Soshanguve;
  • Ga-Rankuwa;
  • Mabopane;
  • Rosslyn;
  • Centurion; en
  • Cullinan.

Oops! We could not locate your form.