fbpx

Familieboere teen onteiening sonder vergoeding!

Alhoewel ons huidige Grondwet voorsiening maak vir onteiening onderhewig aan “regverdige en billike” vergoeding, wil die voorgestelde Agtiende Wysigingswetsontwerp van die Grondwet, 2019, waarop daar tot 31 Januarie kommentaar gelewer kan word, uitdruklik voorskryf dat geen vergoeding betaal hoef te word nie, in gevalle waar grond geneem word ter bereiking grondhervormingsdoelwitte.

Daar is drie artikels in die Grondwet wat die belangrikheid van internasionale reg erken en onderskryf, in die interpretasie en implementasie van Suid-Afrikaanse reg.

Die Universele Verklaring van Menseregte (1948) en verskeie ander internasionale verdrae soos die Afrika Handves vir Menseregte (1986) en die Eerste Protokol tot die Europese Konvensie vir Menseregte (1953) erken die reg tot eiendom asook die feit dat eiendom onder sekere omstandighede onteien kan word. Onteiening van eiendom is egter altyd onderhewig aan sekere voorwaardes. Een van hierdie voorwaardes is die betaling van “geskikte/genoegsame” vergoeding.

Die voorgestelde wysiging is in stryd met internasionale reg en Saai sal hierdie wysiging namens familieboere teenstaan.

Sien Saai se kommentaar hier:
SAAI commentary on Draft Constitution 18th Amendment Bill_31 January_2020

KOMMENTAAR SLUIT 29 FEBRUARIE 2020. DEEL ASB DIE SKAKEL MET JOU VRIENDE.

Om Saai te ondersteun en hulle jou mandaat te gee om die voorgestelde wetsontwerp te beveg, voeg jou naam hier by:

Oops! We could not locate your form.