fbpx

Gaan jag!-veldtog: Saai moedig mense aan om jagbedryf te ondersteun

Written by Saai

On 9th Junie 2020

Die COVID-19-regulasies het die reeds brose Suid-Afrikaanse ekonomie verder verswak. Hoewel boerderye met sake kon aangaan, het die ontwrigting van markte soos die restaurant- en kantienbedryf en die informele sektor baie produsente in ’n finansiële verknorsing gelaat. Tabak‑, wyn- en wildboere is in die moeilikheid en kontantvloeikrisisse staar veral kleiner familieboerderye in die gesig.

By Saai, die organisasie vir familieboere, is dié gesingebaseerde boerderye ons kernfokus, en ons sal geen steen onaangeroer laat om hulle in besigheid te hou nie. Saai stel tans die belange van familieboere en plaaswerkers in die tabakbedryf se saak in die hofstryd teen die drakoniese veldtog teen rook wat die staat deur COVID-91-regulasies voer.

“Die wild-en jagbedryf gee ons egter die meeste slapelose nagte. Buitelandse jagters, wat met trofeejag by verre die grootste omset op wildplase stimuleer, gaan nie vanjaar hierheen kom nie. Duisende het gekanselleer. Dit het ’n verdoemende impak op werkgeleenthede, veilings, slaghuise, gastehuise, taksidermie en wapenwinkels. Dit haal ongeveer R20 miljard uit die diep plattelandse ekonomie uit en laat elke wildboer in ’n finansiële verknorsing,” sê dr. Theo de Jager, voorsitter van Saai se direksie.

Saai gaan daarom hierdie winter ’n groot Gaan jag!-veldtog van stapel stuur. Hoewel plaaslike biltongjag nooit kan vervang wat ons aan buitelandse trofeejag verloor nie, kan dit deurslaggewend wees om wildboere op hul plase te hou, meen De Jager.

As jy ’n geleentheidsjagter is wat so elke paar jaar met ’n geweer op die plaas kom, is 2020 weer die tyd daarvoor. Dit is die ideale geleentheid om herinneringe, foto’s en biltong saam met jou familie bymekaar te maak iewers in die Afrika-bos. Vir ’n ander familie beteken dit die verskil tussen oorlewing en ondergang.

Volg dié skakel vir reisdokumente vir jagters.

You May Also Like…

Maak die emmer reg!

Maak die emmer reg!

 Of jy een liter water in ’n emmer vol gate gooi of ’n duisend liter, die uitkoms is dieselfde: daar sal niks oorbly nie. Die kern van Tito Mboweni, Minister van Finansies, se interimbegrotingsrede is dat daar nie meer genoeg water is om in die emmer te gooi nie,...

Saai versoek duidelikheid oor aansoeke vir CADS-fonds

Saai versoek duidelikheid oor aansoeke vir CADS-fonds

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het op 6 April 2020 ’n beroep vir aansoeke gedoen met betrekking tot ’n COVID-19-landbourampondersteuningsfonds (CADS-fonds). Die Departement het genoem dat R1,2 miljard beskikbaar gestel word om...

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!