fbpx

Ondersteun Saai: 

n Familieboer
netwerk

NETWERKVENNOOTVOORDELE

NEASA

NEASA is die leidende beskermer van werkgewersbelange in Suid-Afrika en speel ’n kardinale rol in die veldtog om die arbeidsregbedeling te verander. NEASA spesialiseer in arbeidsverhoudinge en gepaardgaande wetgewing, geskilbeslegting en kollektiewe bedinging.

As netwerkvennoot van Saai bied NEASA gratis telefoniese regsadvies aan al ons lede. Raadpleeg die pamflet in jou ledepakkie vir die noodlynnommer en verdere besonderhede.

AFRIFORUM-911

As dit by veiligheid kom, is AfriForum Veiligheid Saai se verkose netwerkvennoot. As deel van jou lidmaatskap geniet jy gratis toegang tot die AfriForum 911-toep (jy betaal slegs vir die data). Om van die beste beskikbare tegnologie gebruik te maak, het AfriForum besluit om die noodknoppie en nooddiens aan te bied in samewerking met ’n maatskappy wat ’n beproefde baanrekord het: TrackBox Technologies. TrackBox se bestaande nooddiensvennote sluit in die SAPD, die Valke, die K9-eenheid, 10111-sentrums, Netcare 911, ER24, die brand- en reddingsdepartemente, gevorderde lewensondersteuning, die Ethekweni Munisipaliteit en Stad Kaapstad. Laai gerus die AfriForum 911-toep op jou slimfoon af of besoek https://www.afriforum911.co.za/laai-af/ om te sien hoe jy dié toep stapsgewys kan aflaai.

CURRENCY ASSIST

Ons bied die eenvoudigste en kostedoeltreffendste manier om fondse in en uit Suid-Afrika te skuif.

SA BATESBESTUUR - PRIVATE KLIËNTE

‘n Privaat kliënt van SA batebestuur is meer as net ‘n hoë netto waarde individu. By SA Batebestuur werk ons ​​saam met ‘n individu om hul unieke visie vir hul welvaart te bereik. Daarom pas ons portefeuljes aan om in die behoeftes en doelwitte van ‘n kliënt te voorsien, Of u nou u rykdom wil vergroot in plaaslike of buitelandse beleggingsmarkte, SA Batebesruur is u betroubare vennoot om u unieke belegging te diversifiseer met die geskikste oplossings vir u.

Met ‘n toegewyde privaat kliëntverhoudingsbestuurder wat diensgedrewe is, sal u altyd weet waar u welvaart belê word en hoe vêr u van u uiteindelike doel is.

GRONDPAD VELLIES

Grondpad se begin was slegs in 2019 met ‘n visie wat eienaar, Charl Wright gehad het om sy drome van wat egte plaaslewe is aan alle Suid Afrikaners beskikbaar te stel.

Daardie drome word vasgevang op die vrugbare grond war Charl grootgeword het op ‘n plaas in Christiana, ‘n klein Noorwesprovinsie-dorpie.

Charl het ‘n groot nostalgie ontwikkel vir vellies, en die Grondpad waarop hy constant as kind en jong man geloop het.

Charl se, “My liefde vir die plaas en on Afrikaanse mense het my die nodige inspirasie gegee dié eg Suid Afrikaanse vellie te ontwikkel”.

Grondpad Vellies is ‘n handelsmerk wat sinoniem is met Suid Afrikaners, Boere, plaasgemeenskap en die einste hartklop van Suid Afrika…Gehalte Vellies, waarby Grondpad Vellies in minder as twee jaar die harte van duisende Suid Afrikaners verower het.

Deel van Grondpad se droom is om ons boere  by te staan in besondere uitdagende tye.

Veldtogte

Staan Saam teen Betredings op Plase

Sluit aan by die stryd teen betreding: Betreding op plase het uitermatig hoë vlakke in Suid-Afrika bereik. Van plaasaanvalle en diefstal tot onwettige jag en

VUURWAPEN LISENSIE

Sloer jou vuurwapenlisensie of bevoegdheid aansoek? Hier is die oplossing. Wag jy al langer as 90 dae sedert jy jou aansoek vir ‘n vuurwapen lisensie