fbpx

Saai bejeën inwoners met medelye ná sikloon Idai

Saai simpatiseer met die inwoners van Mosambiek, Zimbabwe en Malawi wat deur die verwoesting van sikloon Idai geraak is.

Saai verneem van sy netwerkvennoot Agri All Africa dat meer as 2 200 Suid-Afrikaanse boere in totaal landbou-ondernemings in dié lande bedryf. Dié boere sal groot uitdagings in die komende maande moet trotseer weens skade aan infrastruktuur en boerderye.

Saai moedig organisasies, ondernemings en georganiseerde landbou aan om saam te werk in moontlike aksies om die boere en rolspelers te ondersteun wat hulp aan boere in die rampgeteisterdegebied verleen.