Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai), ’n landboubelangenetwerk vir familieboere, het in samewerking met ervare regslui prosedures ontwikkel om eienaars wie se eiendomme deur die grondeisekommissaris in die Staatskoerant gelys is, by te staan om op die lysting te reageer en hulle te help om vir moontlike hofsake voor te berei. Daar was oor die afgelope paar weke ’n skerp toename in die aantal grondeise wat in die Staatskoerant gelys word. Grondeienaars regoor Suid-Afrika word met die lystings bedien en dit lei tot groot onsekerheid en verwarring, asook ’n afplatting in belegging en ontwikkeling op geaffekteerde eiendomme.
Grondeienaars wie se eiendomme in die Staatskoerant gelys word, kan Saai by navrae@saai.org kontak of die onderstaande vorm voltooi: