fbpx

Saai Teen Honger

Alhoewel Suid-Afrika op n nasionale vlak voedselsekerheid geniet, het elke huishouding nie noodwendig toegang tot dit wat nodig is om die honger te stil nie.

Met die verlengde afsondersingsperiode gaan die nood van die wat nie ’n inkomste verdien nie, en nie geld het om kos te koop nie, net verder petrol op die vuur gooi. Kontantvloei op huishoudelike vlak het drastiese implikasies vir die koskas, en kinders en oumense is die mees kwesbaar.

As Suid Afrika nie in die armste gemeenskappe gedurende hierdie inperkingsperiode kos kan voorsien nie, kan die gevolge veel erger as die virusinfeksies wees.

Daarom het Saai saam met kerke, veiligheidstrukture, maatskaplike werkers en Solidariteit Helpende Hand se Josef Silo’s hande gevat om ’n netwerk daar te stel wat voedsel kan voorsien aan die mees behoeftiges in ons samelewing.

As ‘n netwerk vir familieboere glo Saai dat daar in hierdie tyd geen beter belegging gemaak kan word as om aan beide punte van die voedselketting verligting te bring nie. Dit vereis die lewering van kospakkies in huisgesinne waar die nood druk, en ondiskriminerende hulp aan boere wat hierdie seisoen weer moet plant, om Suid Afrika se winkelrakke vol kos te hou.

Saam met sy netwerkvennote en baie van sy indiwiduele boerelede, sit Saai skouer aan die wiel om dit te laat gebeur, landwyd, daar waar dit noodsaaklik is. Jy kan ook help deur voedsel te skenk, af te lewer of ‘n donasie te maak.

Vul jou besonderhede in by die vorm hieronder en help ons om die mees behoeftiges in ons samelewing te help.

Oops! We could not locate your form.