
Saai: Landboubegroting moet tasbare voordele virfamilieboere oplewer
Saai neem kennis van die2026-mediumtermynbegrotingsbeleidsverklaring wat vandag deur die minister vanfinansies, Enoch Godongwana, bekend gemaak is. Hoewel die regering severbintenis tot groter fiskale dissipline en ekonomiese hervorming verwelkomword, beklemtoon Saai dat die sukses van die begroting uiteindelik gemeet moetword aan die mate waarin dit die omstandighede van Suid-Afrika se familieboereverbeter.
Bek-en-klouseer en dieregesondheid
Saai verwelkom die voorsiening van R606,4 miljoen vir dieuitrol van entstowwe teen bek-en-klouseer. Die beskikbaarstelling van geldalleen gaan egter nie die krisis oplos nie. Boere het dringend toegang totbekostigbare, doeltreffende entstowwe nodig. Saai sal voortgaan om aan te dringop deursigtige verkrygingsprosesse, die betrokkenheid van die privaat sektor endie spoedige beskikbaarstelling van entstowwe. Die beskerming van Suid-Afrikase veestapel en die herstel van toegang tot uitvoermarkte moet voorrang geniet.
Landboufinansiering en staatsbesteding
Die begroting maak voorsiening vir R39,8 miljard aan landbouen landelike ontwikkeling in die huidige boekjaar. Saai meen dat die werklikewaarde van hierdie besteding nie in die omvang van die begroting lê nie, maarin die ondersteuning wat uiteindelik op plaasvlak realiseer. Familieboerebenodig praktiese ondersteuning, doeltreffende veeartsenydienste, landbounavorsingen 'n staatsadministrasie wat landbouproduksie moontlik maak eerder asbelemmer. Belastingbetalers se geld moet aangewend word om landbou semededingendheid te versterk en nie om ondoeltreffende staatsinstellings instand te hou nie.
Droogterisiko en klimaatweerbaarheid
Die regering se erkenning van die moontlike gevolge van ElNiño vir landbouproduksie in 2026 en 2027 is belangrik. Saai verwelkom dievoorsiening wat vir moontlike rampe en ander risiko's gemaak word, maar waarskudat droogtehulp dikwels te laat by boere uitkom. Die regering behoort eerdervroegtydig met georganiseerde landbou saam te werk om risiko's te beperk en teverseker dat ondersteuning vinnig en doeltreffend beskikbaar gestel kan wordwanneer dit nodig is.
Water, elektrisiteit en vervoerinfrastruktuur
Saai verwelkom die regering se voorneme om groterprivaatsektordeelname aan elektrisiteitsvoorsiening, spoorvervoer eninfrastruktuurontwikkeling moontlik te maak. Betroubare water- enelektrisiteitsvoorsiening en doeltreffende vervoernetwerke is noodsaaklik virwinsgewende landbou. Familieboere kan nie aanhou om die koste van vervalleinfrastruktuur, onbetroubare dienste en staatswanbestuur te dra nie. Saaiondersteun hervormings wat mededinging bevorder, private investering ontsluiten boere groter beheer oor hul eie produksieomstandighede gee.
Eiendomsreg, grondhervorming en landelike ontwikkeling
Die regering se voorneme om 870 grondeise oor die mediumtermyn af te handel, moet gepaardgaan met regsekerheid, die beskerming vaneiendomsreg en die volhoubare benutting van landbougrond. Saai ondersteungrondhervorming wat nuwe geleenthede vir suksesvolle familieboerdery skep,eerder as prosesse wat produksie en investering ondermyn. Die sukses vangrondhervorming behoort gemeet te word aan produktiewe plase, volhoubareondernemings en werksgeleenthede, en nie bloot aan die aantal grondeise watafgehandel word nie.
Familieboere moet die maatstaf vir sukses wees
Saai beklemtoon dat Suid-Afrika se familieboere reeds ondergeweldige druk verkeer weens stygende insetkoste, dieresiektes,infrastruktuurprobleme en ekonomiese onsekerheid.
Die landbou se groei van 3,5% gedurende die eerste helftevan 2026 bevestig die sektor se veerkragtigheid, maar beteken nie noodwendigdat individuele familieboerderye meer winsgewend of volhoubaar geword het nie.
Saai sal voortgaan om beleid te bevorder wat familieboere seonafhanklikheid, eiendomsreg, mededingendheid en toegang tot markte beskerm.
Die regering se verantwoordelikheid is nie om namensboere te boer nie, maar om 'n omgewing te skep waarin boere suksesvol kan boer.
