
Meer as 1 200 veeboere het binne 48 uur aan 'n vraelys oordie konsepregulasies vir diere-identifikasie deelgeneem wat op 6 Oktober 2026deur die Minister van Landbou in die Staatskoerant gepubliseer is. Die vraelys,wat vir alle veeboere oop is ongeag organisasie, vra nie menings nie, maar watboere vandag op hul plase doen: wanneer lammers hanteer word, hoe ver dienaaste Landboukantoor is, watter merkmetodes gebruik word en of daar internetby die krale is.
Die konsepregulasies vereis onder meer dat elke dier tweeoorplaatjies dra, dat lammers binne drie weke na geboorte gemerk word, dat 'nverlore plaatjie binne sewe dae by 'n Landboukantoor of polisiestasie aangemeldword en dat elke eienaarsverandering binne sewe dae op die INTERGIS-stelselgeregistreer word. Oortreding word strafbaar met 'n boete of tot twee jaargevangenisstraf, terwyl die Wet op Diereverbetering, waaronder die regulasiesgemaak word, 'n maksimum van ses maande toelaat.
"Boere is nie teen naspeurbaarheid nie. Hulle is teenreëls wat nie op 'n plaas uitgevoer kan word nie en onder die verkeerde wetgemaak is," sê Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai. "Ons gaandie Minister nie met menings antwoord nie, maar met syfers uit duisende plase.Die eerste resultate wys dat die gaping tussen wat die konsep vereis en wat opplase gebeur, groot is."
Saai sal sy volledige kommentaar, met die vraelysresultateen 'n regsmening, voor die sperdatum van 4 Januarie 2027 by die Departement vanLandbou indien, en doen 'n beroep op die Minister om die konsepregulasies terugte trek en die bedryf behoorlik te raadpleeg voordat 'n nuwe weergawe onder dietoepaslike wetgewing gepubliseer word.
Die vraelys is beskikbaar by bit.ly/eartags2026
