
Dit is arrogant van die Department van Landbou om aan boere opdrag te gee om hulle verregaande regulasies oor die gebruik van vleisverwante name vir plantgebasseerde alternatiewe vir diereprodukte te verwelkom. Die antwoord is nee. Saai sluit hom aan by die internasionale beweging van landbou-organisasies, wetenskaplikes en verbuikersverenigings wat regerings die stryd aansê oor bedrieglike etiketteking van plaasgeproduseerde voedsel.
In sy verklaring sê die department: “Die publikasie van die vleisanaloge-regulasies moet deur alle betrokke belanghebbendes verwelkom en waardeer word.”
Veeboere het die reg om die integriteit van hulle produkte te beskerm en te bevorder. In n tyd waarin die veebedryf, hoofsaaklik vanwee n inploffende staat, onder beleg is, het boere nie nog ook kompetisie van vervalsde laboratoruim- of fabriekvervaardigte produkte nodig nie.
Volgens die regulasies, wat op 23 Julie 2025 gepubliseer is, mag vleisanaloë verkoop word as “worsbroodjies, chipolatas, bites, steaks, pops, meatballs, rounds, pieces, tenders, burgers, patties, worsies, bangers, griller loafs, polonies, mince of maalvleis, braaivleis, schnitzels, en produkte wat volgens vorms benoem is, bv. frikkadel-wiele, skywe, nuggets, rolle en sizzlers. Die gebruik van hierdie name word toegelaat met die gebruik van name wat die vleisanaloë beskryf en, indien nodig, hul gebruik…”
Veeboere bemark nie hulle produkte as verwerkte plante nie, en probeer nie op die rug van verbruikersvoorkeure ten gunste van groente, die groentemark uitbuit nie. Net soos wat gesondheidswaarskuwings op sekere verwerkte plaasprodukte soos wyn en sigarette afgedwing word, behoort verbruikers op die verpakking van nagemaakte vleisprodukte prominent te kan sien dat dit ultraverwerkte kos is wat niks met diereproteïne te doen het nie.
Die department het n jammerlike onlangse baanrekord van bedrieglikheid, waaronder:
Nagemaakte vleis, melk en eiers behoort nie met vleisverwante name bemark te word, of naby egte diereproteïne op winkelrakke geplaas te word nie, om misleiding en verwarring te vermy. Dit moet duidelik as boontjies, insekte of laboratorium geïnduseerde fermentasieprodukte gemerk te word. Verbruikers moet onder alle omstandighede weet wat hulle eet, en hoe dit geproduseer is.
Gesonde kos kom van plase af!
