
Die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) verwelkom diefinale afhandeling van die hofgeding oor die privaat sektor se betrokkenheid bydie bekamping van bek-en-klouseer, nadat die Hooggeregshof in Pretoria op 5Oktober 2026 die skikkingsooreenkoms tussen die betrokke partye amptelik ’nbevel van die hof gemaak het.
Die hofbevel volg op die skikking wat reeds op 9 Julie 2026tussen Saai, Sakeliga, Vrystaat Landbou en die betrokke staatsinstellingsbereik is. Daarmee is ’n belangrike regsgeskil oor vee-eienaars se vermoë omself aan die bekamping van bek-en-klouseer deel te neem, finaal afgehandel.
Die ooreenkoms bevestig dat vee-eienaars en -bestuurders,onderhewig aan die nodige magtiging en voorgeskrewe vereistes, hul eie diereteen bek-en-klouseer mag inent. Dit maak ook voorsiening vir ’n vereenvoudigdemagtigingsproses waarvolgens aansoeke wat aan die vereistes voldoen, binne vyfdae as goedgekeur geag word.
Van besondere belang is dat die Minister van Landbou, dieDepartement van Landbou en Onderstepoort Biologiese Produkte afstand gedoen hetvan enige bestaande alleenreg op die invoer en verspreiding vanbek-en-klouseer-entstowwe, en onderneem het om nie in die toekoms op sodanigealleenregte aanspraak te maak nie.
Dit skep ruimte vir groter betrokkenheid deur die privaatsektor by die beskikbaarstelling van entstowwe, steeds onderhewig aan dietoepaslike wetlike en regulatoriese vereistes. Die ooreenkoms doen ook geenafbreuk aan die staat se eie inentingsprogram nie.
Volgens Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, is diefinale hofbevel ’n belangrike stap in die rigting van ’n meer praktiese ensamewerkende benadering tot die bekamping van dieresiektes.
“Boere is die mense wat die onmiddellike gevolge vanbek-en-klouseer dra. Hulle verloor inkomste, hul ondernemings word ontwrig enhul vermoë om hul diere te beskerm, word beperk. Dit is daarom noodsaaklik datboere nie bloot afhanklik van die staat hoef te wees nie, maar ook selfverantwoordelikheid kan neem en toegang tot oplossings kan verkry.
“Die doel van hierdie regsgeding was nooit om die staat serol in die bekamping van dieresiektes te ondermyn nie. Dit was om te versekerdat die privaat sektor en vee-eienaars toegelaat word om deel van die oplossingte wees,” sê Rossouw.
Saai beklemtoon dat die hofbevel nie beteken dat die strydteen bek-en-klouseer verby is nie. Die siekte bly ’n ernstige bedreiging virSuid-Afrika se veebedryf en die sukses van die ooreenkoms sal uiteindelikafhang van die doeltreffende toepassing daarvan, die beskikbaarheid vanentstowwe en samewerking tussen die staat, veeartse, die privaat sektor enboere.
“Ons is verheug dat hierdie regsgeding nou agter die rug is.Die tyd, geld en energie wat aan regsgedinge bestee word, behoort eerderaangewend te word om die probleme waarmee boere daagliks gekonfronteer word, opte los.
“Saai sal voortgaan om die belange van familieboere tebeskerm en praktiese oplossings te bevorder wat boere in staat stel om hulondernemings, hul diere en hul lewensbestaan te beveilig,” sluit Rossouw af.
Saai bedank Sakeliga, Vrystaat Landbou en die anderbetrokkenes vir hul samewerking om hierdie aangeleentheid tot ’n suksesvolleskikking te bring.
Die finale hofbevel is hier beskikbaar: https://bit.ly/FMDCourtOrder
Boere kan hulle voorneme om te ent aanmeld op enige van dievolgende platforms:
-https://www.iplanagri-iq.co.za/FMD-Vaccine-Portal-https://www.buffalo.vet/-https://bloutand.co.za/
