Gemeenskapsbou en jeugontwikkeling sentraal in Saai en Kaapse Forum se nuwe samewerking

Gemeenskapsbou en jeugontwikkeling sentraal in Saai en Kaapse Forum se nuwe samewerking

December 3, 2025

Die Kaapse Forum en die Suider-Afrika Agri Inisiatief (Saai) wat ’n landboubelangenetwerk vir boere deur boere, wat daartoe verbind is om die regte, waardes, ideale en behoeftes van familieboere in die primêre produksiesektor te beskerm en te bevorder. Het ’n samewerking ooreenkoms gesluit to voordeel vir die gemeenskappe wat elke instelling dien.

Dié vennootskap sal dit moontlik maak vir bruin leerders en jongwerkendes om deel te neem en te skakel met nasionale projekte en blootstelling te kry aan internasionale geleenthede. Hierdie samewerking word beplan vir vroeg volgende jaar.

Saai & African Farmers’ Association of South Africa (AFASA) is die twee landbou organisasies wie tans Suid-Afrika verteenwoordige by die Wêreld Landbou Organisasie, ʼn internasionale forum vir landbou verteenwoordigers. Saai, moontlik die grootste landbou instelling in Suid-Afrika en die grootste in Zimbabwe, het reeds gewys dat hulle fokus op familie boere, hulle ʼn waardevolle vennoot maak vir elke gemeenskap in Suider Afrika. Saai is reeds aktief betrokke saam met AfriForum &  RRAIN (Resilient Regenerative Agricultural Initiative) om daad by woord te sit as dit by gemeenskapsbou en samewerking kom. Hierdie projekte is veral gefokus op swart landelike ontwikkeling. Hierdie maak Saai dus diè gesogte landboubelangenetwerk vir alle kulture, tale en gemeenskappe weens die inklusiewe (unieke familie fokus) benadering.

Saai fokus op onder andere; grondhervorming, veiligheidsrisiko’s, beperkende handelsmaatreëls, klimaatverandering en ’n gebrek aan landbou-ontwikkeling, opleiding, energie, hulpbronne, water, plattelandse infrastruktuur, tegnologie en toegang tot finansiering hulle die mees waardevolle vennoot in landbou maak.

  • As belangenetwerk is dit Saai se plig om ’n aktiewe rol te speel in die uitvoer van daadwerklike strategiese oplossings vir hierdie en ander landbou-probleme en nie om bloot te berus by die hoop van beleidsbeïnvloeding nie.
  • Saai – as voertuig om hierdie doel na te streef – is nie ’n tradisionele landbou-unie nie, maar eerder ’n netwerk geskoei op samewerking en die toepassing van moderne tegnologie en suiwere beginsels.

Volgens Bernard Pieters, hoof van Gemeenskapsaktivering by Kaapse Forum, wil hulle met hierdie vennootskap vir meer bruinmense toegang gee tot ʼn toekoms in landbou, nasionaal of internasionaal deur netwerk geleenthede te skep.  “Hulle sê dit verg ’n gemeenskap om ’n kind groot te maak. Ons is deel van die gemeenskap wat die kinders van vandag moet voorberei op ’n blink toekoms, ʼn toekoms waar daar billike geleenthede is vir elkeen wie bereid is om hard te werk. Dit is vir ons ’n voorreg om saam met SAAI te werk en ons hulpbronne saam te kan voeg om die sukses van hierdie ooreenkoms te maak,” sluit Pieters af.

Dr Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai, sê hulle vennootskapooreenkoms met Kaapse Forum is ‘n noodwendige verlengstuk van hulle snelgroeiende voetspoor in die Wes-Kaap, wat veral in 2025 in omvang en diepte toegeneem het. “Ons getalle groei ook onder Bruin boere, veral in die vrugte-, rooibostee- en skaapbedrywe, en vandaar die noodsaak om met Kaapse Forum hande te vat” sê De Jager. “Saai se verantwoordelikheid teenoor familieboere strek wyer as tegniese landbousake. Dit raak ook gemeenskapsbelange”.