
‘n Senior afvaardiging van Afrikanerleiers het vandag in Washington DC ‘n konstruktiewe en hoëvlak-vergadering gehou met senior amptenare van die Withuis, insluitend verteenwoordigers van die Kantoor van die Visepresident, die Nasionale Veiligheidsraad en die Binnelandse Veiligheidsraad.
Tydens die vergadering het die VSA-amptenare die Administrasie se amptelike standpunt oor die nodige voorwaardes vir die normalisering van bilaterale betrekkinge tussen die Verenigde State en Suid-Afrika meegedeel. Hierdie voorwaardes is soos volg:
Die Afrikaner-afvaardiging – bestaande uit die Leier van die Vryheidsfront Plus, dr. Corné Mulder, die Uitvoerende Voorsitter van die Suider-Afrikaanse Landbou-inisiatief (SAAI), dr. Theo de Jager, en die Hoof Uitvoerende Beampte van die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika (NEASA), mnr. Gerhard Papenfus – is daartoe verbind om die normalisering van betrekkinge tussen Suid-Afrika en die Verenigde State te ondersteun. Die afvaardiging het nou ‘n duidelike begrip van die Amerikaanse administrasie se verwagtinge.
Die amptenare van die Withuis het kommer uitgespreek dat hierdie voorwaardes, ten spyte daarvan dat hulle verskeie kere aan die Suid-Afrikaanse regering gekommunikeer is, nie voldoende aangespreek is nie. Hulle het versoek dat die Afrikaner-afvaardiging hierdie voorwaardes duidelik aan die Suid-Afrikaanse publiek oordra.
Die afvaardiging het onderneem om hierdie voorwaardes aan beide die Suid-Afrikaanse regering en die breër publiek oor te dra in belang van deursigtigheid, verantwoordbaarheid en die herstel van sterk bilaterale bande.
Gesamentlik uitgereik deur:
Dr. Corné Mulder (VF Plus)
Dr. Theo de Jager (SAAI)
Mnr. Gerhard Papenfus (NEASA)
Vir navrae, kontak Pieter de Necker by +2779 661 3996
