
PRETORIA – Saai doen ’n beroep op ’n deeglike ondersoek nadie rol van Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) in die manipulering vanentstofpryse, verkryging en produksiekapasiteit, en die uitwerking wat dit opSuid-Afrikaanse veeboere en die land se vermoë om bek-en-klouseer (BKS) tebekamp, gehad het.
Die ondersoek moet ook die halfmiljard rand wat by OBPverdwyn het, insluit, asook OBP se geskiktheid om voort te gaan om entstowwe tevervaardig en om dit in te voer, te hanteer, te berg en te versprei. Boere wilweet of OBP onreëlmatige winste uit ander staatsinstellings gemaak het met dieverspreiding van BKS-entstowwe.
Die beroep volg op beriggewing deur African Farming oor dievoorkomende skorsing van OBP se waarnemende uitvoerende hoof, dr. Jacob Modumo,hangende ’n ondersoek na beweerde ongerymdhede rakende die prysbepaling vanBKS-entstowwe. Saai aanvaar dat die berigte oor sy skorsing nie op ’n bevindingvan enige oortreding neerkom nie en dat alle bewerings deur behoorlikeregsprosesse getoets moet word.
Die berig verwys ook na inligting wat aan die Parlementvoorgelê is en waarvolgens ingevoerde entstowwe gedurende die laaste kwartaalvan die 2025/26-boekjaar ongeveer 94% van OBP se plaaslike verkope uitgemaakhet. Dit laat ook vrae ontstaan oor die verskille tussen pryse wat volgensberigte aan minstens een provinsiale regering gehef is en pryse waarteenentstowwe deur private verkrygingskanale beskikbaar was.
Hierdie syfers, die grondslag vir enige prysverskille en dierol van koste verbonde aan hantering, verifiëring, vervoer en verspreiding moetonafhanklik geverifieer en duidelik verduidelik word. Boere en die publiek moetweet of entstowwe doeltreffend en bekostigbaar verskaf is en of openbare fondsebehoorlik beskerm is.
Saai is ook bekommerd oor berigte wat vrae laat ontstaan oorOBP se langtermynproduksiekapasiteit en die vordering met symoderniseringsprojek vir Goeie Vervaardigingspraktyke (GMP). Enige ondersoekmoet vasstel waarvoor fondse bewillig is, wat gelewer is, watter vertragingsvoorgekom het en of regstellende of regstappe nodig is.
Suid-Afrika se veeprodusente kan nie die ekonomiese gevolgevan siekte-uitbrekings dra terwyl daar steeds onbeantwoorde vrae oor dieverskaffing, prysbepaling en operasionele gereedheid van kritiekedieregesondheidsinstellings bestaan nie. Waar ingevoerde entstowwe nodig is,moet verkryging deursigtig wees en waarde vir geld bewys kan word.Terselfdertyd het die land ’n geloofwaardige strategie nodig om plaaslikeentstofproduksievermoë te behou en te versterk.
Dr. Theo de Jager, uitvoerende direksievoorsitter van Saai,sê:
“Uit die boer se oogpunt is OBP nie naastenby meer dieinstelling waarvoor dit oorspronklik tot stand gebring is nie, en het dit onsklaaglik in die steek gelaat. Dit sal soveel kos om die instelling weer opdreef te kry, en die risiko is so groot dat OBP bloot weer onder die las van ’nkorrupte politieke omgewing van kaderontplooiing, plundering en die misbruikvan rampe soos die BKS-uitbreking vir winsbejag sal ineenstort, dat die pogingeenvoudig nie die moeite werd is nie. Daarom ons oproep dat OBP geprivatiseerword.”
Saai ondersteun behoorlike regsprosesse ten opsigte vanindividue en instellings, maar aanspreeklikheid moet volg waar ondersoekebevind dat openbare hulpbronne misbruik is, boere onbillik belas is ofstrategiese dieregesondheidskapasiteit verswak is. Die finale bevindings enenige regstellende maatreëls moet openbaar gemaak word.
Saai is die Suider-Afrika Agri Inisiatief, ’n organisasiewat hom daarop toespits om familieboere, voedselproduksie en landelikeekonomieë te beskerm. Saai beywer hom vir verantwoordelike landboubeleid,veilige eiendomsreg, volhoubare boerdery en die omstandighede wat nodig is virboere om voort te gaan om voedsel te produseer.
